An email from a friend…
Hi daar Marius
Het Saterdag saam met my pelle gelunch en aangesien my vriedin Ilse du Preez met haar verloofde Neil du Plessis trou, kom die gesprek toe op.
Sy vertel toe hoe sy sooooo graag sou wou hê ‘n wedding planner moet haar troue reel en as sy die geld gehad het was daar net een persoon – en dit is jy, Marius!!! Sy het in detail vir almal vertel hoe sy kan sien dat al jou troues nog steeds ‘n stempel van die bruid se smaak bevat.
Sy sê jy is die enigste wedding planner wat jou eie styl behou en ook nog die bruid se styl … wat ‘n toeval! Ek sê toe natuurlik met trots dat ek jou ken en dat ons saam oorsee gaan.
Ilse het vertel dat sy baie van jou beligting en sommige dekor gehou het en vir jou gemail het om te vra of jy haar kan help. Sy sê jy het vir haar op ‘n baie mooi manier gesê jy kan nie maar dadelik vir haar die mense se name en email adresse gestuur en gesê sy kan jou naam as ‘n verwysing gebruik – sy was ongelooflik impressed daarmee want sy sê jy hoef haar nie te help nie maar jy was so dierbaar daaroor!!
Baie nice nê!
Yolande (www.dreamdestinations.co.za)
Add your own comment...
You must be logged in to post a comment.





