An “Afrikaans” letter from Lorraine:

Die man agter die skerms, Marius van Marius Weddings. Die man met die bree glimlag en die besonderse persoonlikheid.

Vanaf die eerste dag wat ons jou ontmoet het, was jy meer as net n troubeplanner / koordineerder. Jy het ook ons goeie vriend geword.

Niemand het nog ooit gese trou is perdekoop nie, maar met n koordineerder soos jy, kan ek dit waag om te se dat ons sprokietroue sommer maklik n realiteit geword het.

Marius, baie dankie vir alles wat jy vir ons gedoen het. Dankie vir al die nuwe idees, aanbevelings, ondersteuning, jou toeganklikheid vir idees en vir die mooiste troue waaroor ons ooit kon droom.

Jy is n mense-mens en jou respek en professionaliteit laat jou verseker bo ander uitstaan.

Jy is n stunning mens wat enige bruidspaar se droom kan bewaarheid. Jy en jou span se diens is uitstekend en ons het behoorlik soos koninklikes gevoel voor, op en na die troue!

Weereens dankie vir ALLES!! Ons troudag was meer as WOW!

Groete,

Lorraine & De Wet

Bookmark and Share


You must be logged in to post a comment.